2 want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.
3 Want toe ek ’n seun was by my vader, teer en ’n enigste voor my moeder,
4 het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.
5 Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:
6 verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.
7 Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
8 Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.