5 Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:
6 verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.
7 Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
8 Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.
9 Dit sal ’n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou ’n sierlike kroon verskaf.
10 Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.
11 In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;