29 So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie.
30 ’n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het;
31 en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee.
32 Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hý doen so iets;
33 slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie;
34 want jaloersheid is ’n toorngloed in ’n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie;
35 hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot.