18 kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste.
19 Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan,
20 die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom.
21 Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.
22 Hy loop skielik agter haar aan soos ’n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot,
23 totdat die pyl sy lewer splits; soos ’n voël haastig na die vangnet vlieg — sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.
24 Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond.