9 hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het.
10 Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.
11 Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
12 Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.
13 Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ’n slegte wandel en ’n huigelagtige mond haat ek.
14 Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne.
15 Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is;