1 Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig — ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader.
2 Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
3 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken.
4 Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie.
5 Wie sy woord egter gehoorsaam — in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.
6 Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.