10 Wie sy broer liefhet, bly in die lig, en daar is niks wat hom laat struikel nie.
11 Maar wie sy broer haat, is in die duisternis en lewe in die duisternis en weet nie waar hy gaan uitkom nie, omdat die duisternis hom blind gemaak het.
12 Ek skrywe vir julle, liewe kinders, omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus.
13 Ek skrywe vir julle, vaders, omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar was.Ek skrywe vir julle, jongmense, omdat julle die Bose oorwin het.
14 Ek het vir julle geskrywe, kinders, omdat julle die Vader ken.Ek het vir julle geskrywe, vaders, omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar was.Ek het vir julle geskrywe, jongmense, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.
15 Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie.
16 Die wêreldse dinge — alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit — kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld.