10 Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.
11 Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê.
12 Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik.
13 Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee.
14 En ons het gesien en is getuie daarvan dat die Vader die Seun as Redder van die wêreld gestuur het.
15 Wie bely dat Jesus die Seun van God is — God bly in hom en hy in God.
16 En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin.God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.