30 Maar as 'n ander een wat daar sit, 'n openbaring ontvang, moet die spreker stilbly.
31 Julle kan almal profeteer, maar een vir een, sodat almal daaruit kan leer en almal bemoedig kan word.
32 'n Profeet het immers beheer oor sy gees.
33 God is tog nie 'n God van wanorde nie, maar van orde en vrede.Soos in al die Christelike gemeentes
34 moet die vrouens ook in julle byeenkomste stilbly, want hulle word nie toegelaat om te praat nie. Hulle moet onderdanig wees, soos die wet ook sê.
35 As hulle iets te wete wil kom, moet hulle tuis hulle eie mans vra, want dit is lelik vir 'n vrou om in die erediens te praat.
36 Het die woord van God miskien van julle af uitgegaan? Of het dit julle alleen bereik?