19 want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God. Daar staan tog geskrywe:“Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne,”
20 en op 'n ander plek:“Die Here ken die gedagtes van die wyse mense en weet dit beteken niks.”
21 Daarom moet niemand op mense roem nie. Alles behoort aan julle:
22 of dit Paulus of Apollos of Sefas of die wêreld of lewe of dood of hede of toekoms is, alles behoort aan julle,
23 maar julle behoort aan Christus en Christus aan God.