1 En nou julle vraag oor vleis wat aan 'n afgod geoffer is.Ons weet dat ons almal kennis het. Kennis maak verwaand, maar liefde bou op.
2 As iemand meen hy het kennis van iets, het hy nog nie die kennis wat 'n mens behoort te hê nie.
3 Maar as iemand God liefhet, ken God hom.
4 Wat nou betref die eet van vleis wat aan 'n afgod geoffer is: ons weet dat daar geen afgod in die hele wêreld is wat iets beteken nie, en dat daar ook geen God is nie, behalwe Een.