2 Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry.
3 Julle het immers ondervind dat die Here goed is.
4 Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is.
5 Laat julle as lewende stene opbou tot 'n geestelike huis, om 'n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.
6 Daarom staan daar in die Skrif:“Kyk, Ek lê in Sion 'n hoekklip, uitverkies vir die ereplek.Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie.”
7 Julle wat glo, deel in hierdie eer, maar vir dié wat nie glo nie, geld die woorde:“Die klip wat deur die bouers afgekeur is,juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword”
8 en:“'n klip waaroor 'n mens struikel en 'n rots waarteen jy jou stamp.”Hulle struikel omdat hulle nie aan die woord gehoorsaam is nie. So het God dit ook vir hulle bestem.