10 as bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd;as armes, maar ons maak baie ander ryk;as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles.
11 Ons het openhartig met julle gepraat, Korintiërs. Ons harte is vir julle wyd oop.
12 Ons het nie ons harte vir julle gesluit nie; julle het julle harte vir ons gesluit.
13 Ek praat met julle as my kinders. Doen aan ons wat ons aan julle gedoen het: maak julle harte ook wyd oop!
14 Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?
15 Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan 'n gelowige dieselfde belange hê as 'n ongelowige?
16 Hoe kan 'n ooreenkoms tot stand kom tussen die tempel van God en afgode? Ons is immers die tempel van die lewende God. Dit is soos God gesê het:“Ek sal onder hulle woon en wandel,en Ek sal hulle God weesen hulle sal my volk wees.”