15 Jy moet ook vir hom op jou hoede wees, want hy het ons prediking heftig teengewerk.
16 Toe ek my die eerste keer voor die hof moes verdedig, het niemand my bygestaan nie; almal het my in die steek gelaat. Mag God hulle dit nie toereken nie!
17 Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking tot sy volle reg kon kom en al die heidennasies dit kon hoor. En ek is uit die bek van die leeu gered.
18 Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring. Aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid! Amen.
19 Groete aan Priscilla en Akwila en aan die huisgesin van Onesiforus.
20 Erastus het in Korinte agtergebly; Trofimus het ek in Milete siek agtergelaat.
21 Doen jou bes om nog voor die winter te kom. Eubulus, Pudens, Linos, Claudia en al die broers stuur vir jou groete.Die Here sal by jou wees.