1 Van die oudste.Aan Gaius, my vriend, wat ek waarlik liefhet.
2 Liewe Gaius, ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan.
3 Ek was baie bly toe hier medegelowiges kom en van jou trou aan die waarheid vertel, hoe jy in die waarheid lewe.
4 Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe.
5 Liewe Gaius, jy handel reg in wat jy vir jou medegelowiges doen, en dit nog terwyl jy hulle nie eens geken het nie.