4 Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe.
5 Liewe Gaius, jy handel reg in wat jy vir jou medegelowiges doen, en dit nog terwyl jy hulle nie eens geken het nie.
6 Hulle het hier voor die gemeente vertel van jou liefde. Help hulle asseblief vir hulle verdere reis op 'n wyse soos God dit verwag,
7 want hulle is op reis om Christus te verkondig, en hulle ontvang niks van die heidene nie.
8 Dit is dus óns plig om sulke mense te onderhou, sodat ons daardeur ons deel kan bydra tot die verspreiding van die waarheid.
9 Ek het 'n briefie aan julle gemeente geskrywe, maar Diotrefes, wat danig daarop gesteld is dat hy hulle voorganger is, aanvaar nie ons gesag nie.
10 Daarom sal ek die dinge wat hy doen, ter sprake bring as ek daarheen kom: hy versprei slegte en vals gerugte oor ons; en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy self ook nie die medegelowiges nie, en dié wat dit wil doen, belet hy en ban hy uit die gemeente.