19 Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God.
20 Julle is 'n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, 'n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is.
21 In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot 'n heilige tempel vir die Here,
22 in wie julle ook saam opgebou word as 'n geestelike huis waarin God woon.