1 Daarom bid ek vir julle wat nie Jode is nie, ek, Paulus, 'n gevangene deur my diens aan Christus Jesus.
2 Julle het tog seker gehoor van die opdrag wat God in sy genade aan my gegee het in julle belang.
3 Hy het sy geheimenis deur 'n openbaring aan my bekend gemaak, soos ek dit hierbo kortliks beskrywe het,
4 en as julle dit lees, sal julle 'n begrip kry van my insig in die geheimenis van Christus.
5 Nog nooit tevore in die geskiedenis is die geheimenis aan die mensdom bekend gemaak soos God dit nou deur die Gees aan sy heilige apostels en profete geopenbaar het nie.