1 Ek druk julle dit op die hart, ek wat 'n gevangene is omdat ek die Here dien: Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.
2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.
3 Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.
4 Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het.