2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.
3 Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.
4 Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het.
5 Daar is net één Here, één geloof, één doop,
6 één God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon.
7 Aan elkeen van ons is 'n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het.
8 Daarom sê die Skrif:“Toe Hy na die hoogte opgevaar het,het Hy krygsgevangenes saamgeneem en gawes aan die mense gegee.”