1 Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg.
2 Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was.
3 Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie.
4 Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle.