1 Van Paulus, 'n gevangene ter wille van Christus Jesus, en van ons broer Timoteus.Aan Filemon, ons vriend en medewerker,
2 en aan ons suster Affia en aan Argippus, ons medestryder, en aan die gemeente wat gereeld in jou huis bymekaarkom.
3 Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus!
4 Elke keer as ek bid, dink ek aan jou en dank ek my God
5 omdat ek hoor van die liefde en trou wat jy aan die Here Jesus en al die gelowiges bewys.
6 My bede is dat die gemeenskap wat jy deur die geloof met ons het, jou 'n dieper insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.
7 Jou liefde het vir my groot vreugde en bemoediging gebring, omdat jy, broer, die harte van die gelowiges verkwik het.