21 Al die ander soek net hulle eie belange, nie dié van Jesus Christus nie.
22 Maar julle weet hoe betroubaar Timoteus is. Soos 'n kind saam met sy vader, het hy saam met my die saak van die evangelie gedien.
23 Ek hoop om hom dadelik te stuur, sodra ek gesien het hoe my sake verloop.
24 En ek vertrou dat, as die Here wil, ek self ook gou na julle toe sal kan kom.
25 Ek ag dit noodsaaklik om die broer Epafroditos, my medewerker en medestryder wat deur julle hierheen gestuur is om my in my omstandighede by te staan, na julle toe terug te stuur.
26 Hy verlang gedurig na julle almal en bly hom daaroor kwel dat julle van sy siekte gehoor het.
27 Hy was ook inderdaad doodsiek, maar God het Hom oor Epafroditos ontferm, en nie net oor hom nie, maar ook oor my sodat ek nie verdriet op verdriet sou hê nie.