1 Die apostels en die ander gelowiges in Judea het gehoor dat mense wat nie Jode is nie, ook die woord van God aangeneem het.
2 Toe Petrus dan in Jerusalem kom, het die Joodse gelowiges hom verwyt:
3 “Jy het mense besoek wat nie besny is nie en het selfs saam met hulle geëet.”
4 Petrus het toe vir hulle alles mooi uiteengesit:
5 “Ek was in Joppe besig om te bid toe ek in geesvervoering 'n gesig gesien het,” het hy gesê. “Ek het iets soos 'n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word, uit die hemel sien afkom, en dit het tot by my gekom.
6 Toe ek goed daarna kyk, sien ek daarin viervoetige diere van die aarde, wilde en kruipende diere, en wilde voëls.