28 En alhoewel hulle geen grond vir die doodstraf kon kry nie, het hulle tog vir Pilatus gevra om Jesus om die lewe te bring.
29 Nadat hulle aan Jesus alles gedoen het wat van Hom in die Skrif geskrywe staan, is Hy van die kruis afgehaal en begrawe.
30 Maar God het Hom uit die dood opgewek.
31 Hy het in die loop van baie dae aan die mense verskyn wat saam met Hom van Galilea af na Jerusalem toe gegaan het. Hierdie mense is nou sy getuies by die volk.
32 “En nou verkondig ons aan julle die goeie boodskap dat God die belofte aan die voorvaders
33 vir ons, hulle nageslag, vervul het deur Jesus uit die dood te laat opstaan. So staan daar dan ook in die tweede psalm geskrywe:“Jy is my Seun,vandag het Ek aan jou die lewe gegee.
34 “God het Hom uit die dood laat opstaan, en daarom sal Hy nooit vergaan nie. Dit het God met die volgende woorde gesê:“Ek sal vir julle die heilige en betroubare beloftesvervul wat Ek aan Dawid toegesê het.