15 “Mense, wat vang julle nou aan? Ons is maar net sulke mense soos julle. Ons bring vir julle die goeie boodskap dat julle hierdie sinlose gode moet laat staan en julle tot die lewende God bekeer. Dit is Hy wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het.
16 Hy het in die verlede alle nasies toegelaat om hulle eie koers te gaan,
17 maar tog bekend gemaak dat dit Hy is wat die goeie dinge gee: Hy het vir julle reën van die hemel af gegee en gereelde oeste; Hy het julle volop kos gegee en julle gelukkig gemaak.”
18 Maar selfs met hierdie woorde kon die apostels nouliks voorkom dat die mense aan hulle offers bring.
19 Toe het daar Jode van Antiogië en Ikonium af gekom en die mense na hulle kant toe oorgehaal. Hulle het Paulus met klippe gegooi en hom uit die stad gesleep onder die indruk dat hy dood is.
20 Daar het die gelowiges rondom hom kom staan, en hy het opgestaan en weer die stad ingegaan. Die volgende dag het hy en Barnabas na Derbe toe vertrek.
21 Paulus en Barnabas het die evangelie ook in Derbe verkondig, en baie mense het daar gelowig geword.Daarna het hulle na Listra, Ikonium en Antiogië toe teruggegaan.