6 En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy:“Al die engele van God moet Hom aanbid.”
7 Van die engele sê Hy:“Hy maak sy engele stormwinde en sy dienaars vuurvlamme.”
8 Maar van die Seun sê Hy:“U troon, o God, staan vir ewig vas,met u koninklike septer laat U reg geskied.
9 U het die reg lief en U haat die onreg.Daarom het God, u God,U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.”
10 En verder:“U, Here, het in die begin die aarde gevestig,en ook die hemel is die werk van u hande.
11 Dié dinge sal vergaan, maar U bly bestaan;soos 'n kledingstuk sal alles verslyt;
12 soos klere sal U dit oprol;ja, soos 'n kledingstuk sal dit vervang word.Maar U, U bly dieselfde,en u jare het geen einde nie.”