16 “Dit is die verbond wat Ek met hulle na daardie dae sal sluit, sê die Here.Ek sal hulle my wette in die hart gee,in hulle verstand sal Ek dit skrywe.”
17 Dan sê Hy verder:“Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.”
18 Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie.
19 Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom,
20 en dit op 'n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam.
21 En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het,
22 laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water.