2 As dié wat offers bring, eens en vir altyd gereinig en nie meer van sondes bewus was nie, sou hulle immers opgehou het om offers te bring.
3 Maar nou herinner die offers juis jaar na jaar aan die sondes,
4 omdat die bloed van bulle en bokke onmoontlik die sondes kan wegneem.
5 Daarom sê Christus met sy koms in die wêreld:“Dit is nie diereoffer en graanoffer wat U wou hê nie,maar die liggaam wat U My gegee het.
6 Brandoffers en sondeoffers het U nie behaag nie!
7 Toe het Ek gesê:Kyk, Ek het gekom, o God,om u wil te doen.In die boekrol is dit van My geskrywe.”
8 Eers sê Hy: “Diereoffers en graanoffers, brandoffers en sondeoffers wou U nie hê nie en het U nie behaag nie,” hoewel hierdie offers deur die wet voorgeskryf word.