9 Daarna sê Hy: “Kyk, Ek het gekom om u wil te doen.” Hy skaf dus die eerste offers af om 'n ander offer in die plek daarvan te stel.
10 Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd.
11 Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie.
12 Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit.
13 Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is.
14 Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak.
15 Ook die Heilige Gees betuig dit aan ons. Eers sê Hy: