6 Inteendeel, iemand het êrens getuig en gesê:“Wat is 'n mens dat U aan hom dink,'n mensekind dat U na hom omsien?
7 U het hom 'n kort tydjie minder as die engele gemaak; U het hom met heerlikheid en eer gekroon;
8 U het alles aan hom onderwerp.”By die onderwerping van alle dinge aan die mens is niks uitgesluit nie. Alles is aan hom onderwerp. Nou sien ons nog nie dat alle dinge reeds aan die mens onderwerp is nie.
9 Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood. Hy is 'n kort tydjie minder gemaak as die engele, sodat Hy deur die genade van God vir almal sou sterwe.
10 God, ter wille van wie alles bestaan en deur wie alles ontstaan het, wou baie deel laat kry aan sy heerlikheid. En daarom was dit reg dat Hy hulle Leidsman tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid sou bring.
11 Hy wat heilig maak, sowel as die mense wat geheilig word, is almal uit een Vader. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle sy broers te noem nie.
12 Hy sê tog:“Ek sal u Naam aan my broers bekend maak,in die samekoms van die gemeente sal Ek u lof besing.”