1 Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely.
2 Hy is getrou aan God wat Hom aangestel het, soos ook Moses getrou was in die hele huis van God.
3 Maar Jesus is groter heerlikheid waardig geag as Moses, net soos die een wat 'n huis bou, meer eer waardig is as die huis.
4 Elke huis word deur iemand gebou, maar God is die Een wat alles gebou het.
5 Moses was as dienaar getrou in die hele huis van God en moes getuig van die dinge wat God nog sou sê.
6 Christus daarenteen is as Seun getrou oor die huis van God. En ons is sy huis as ons maar net met moed en oortuiging bly vashou aan wat ons hoop.
7 Luister daarom na wat die Heilige Gees sê:“Vandag, as julle sy stem hoor,