3 Maar Jesus is groter heerlikheid waardig geag as Moses, net soos die een wat 'n huis bou, meer eer waardig is as die huis.
4 Elke huis word deur iemand gebou, maar God is die Een wat alles gebou het.
5 Moses was as dienaar getrou in die hele huis van God en moes getuig van die dinge wat God nog sou sê.
6 Christus daarenteen is as Seun getrou oor die huis van God. En ons is sy huis as ons maar net met moed en oortuiging bly vashou aan wat ons hoop.
7 Luister daarom na wat die Heilige Gees sê:“Vandag, as julle sy stem hoor,
8 moet julle nie hardkoppig wees nie,soos julle voorvaders toe hulle in opstand gekom het en My in die woestyn op die proef gestel het.
9 Daar het hulle My op die proef gestel en uitgetart,hoewel hulle veertig jaar lank gesien het wat Ek vir hulle gedoen het.