6 Christus daarenteen is as Seun getrou oor die huis van God. En ons is sy huis as ons maar net met moed en oortuiging bly vashou aan wat ons hoop.
7 Luister daarom na wat die Heilige Gees sê:“Vandag, as julle sy stem hoor,
8 moet julle nie hardkoppig wees nie,soos julle voorvaders toe hulle in opstand gekom het en My in die woestyn op die proef gestel het.
9 Daar het hulle My op die proef gestel en uitgetart,hoewel hulle veertig jaar lank gesien het wat Ek vir hulle gedoen het.
10 Daarom het Ek 'n afkeer van hierdie geslag gekry en gesê:‘Met hulle hart is hulle gedurig op 'n dwaalspoor,hulle wou my paaie nie leer ken nie.’
11 Toe het Ek in my toorn 'n eed afgelê:In my rus sal hulle beslis nie ingaan nie.”
12 Broers, julle moet toesien dat daar nooit by een van julle 'n verkeerde gesindheid van ongeloof ontstaan en hy van die lewende God afvallig word nie.