2 Hy is bedienaar van die heiligdom, die ware verbondstent, wat deur die Here opgerig is en nie deur 'n mens nie.
3 Elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring; daarom moet ook hierdie Een iets hê om te offer.
4 As Hy nog op aarde was, sou Hy nie eens priester kon wees nie, omdat volgens die wet daar reeds priesters is wat die gawes offer.
5 Hulle bedien egter slegs 'n afbeelding en skadubeeld van die hemelse heiligdom. Toe Moses die Goddelike opdrag gekry het om die verbondstent op te rig, het God gesê: “Sorg dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat Ek jou op die berg gewys het.”
6 Maar nou het Jesus 'n voortrefliker priesterdiens gekry deurdat Hy Middelaar is van 'n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is.
7 As daar aan die eerste verbond niks kortgekom het nie, sou 'n tweede nie nodig gewees het nie.
8 Maar God bestraf die volk oor hulle tekortkoming deur te sê:“Kyk, daar kom 'n tyd, sê die Here,dat Ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit.