3 Elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring; daarom moet ook hierdie Een iets hê om te offer.
4 As Hy nog op aarde was, sou Hy nie eens priester kon wees nie, omdat volgens die wet daar reeds priesters is wat die gawes offer.
5 Hulle bedien egter slegs 'n afbeelding en skadubeeld van die hemelse heiligdom. Toe Moses die Goddelike opdrag gekry het om die verbondstent op te rig, het God gesê: “Sorg dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat Ek jou op die berg gewys het.”
6 Maar nou het Jesus 'n voortrefliker priesterdiens gekry deurdat Hy Middelaar is van 'n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is.
7 As daar aan die eerste verbond niks kortgekom het nie, sou 'n tweede nie nodig gewees het nie.
8 Maar God bestraf die volk oor hulle tekortkoming deur te sê:“Kyk, daar kom 'n tyd, sê die Here,dat Ek met Israel en Juda 'n nuwe verbond sal sluit.
9 Die nuwe verbond sal nie wees soos dié wat Ek met hulle voorvaders gemaak hetop die dag toe Ek hulleaan die hand gevat het om hulle uit Egipte uit te lei nie,want hulle het nie my verbond gehou nie,en Ek het hulle verwerp, sê die Here.