27 Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.”Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.
28 Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.”
29 Daar het 'n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe 'n spons vol suur wyn op 'n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou.
30 Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!”Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.
31 Dit was Vrydag, en die Jode wou nie hê dat die liggame op die sabbatdag aan die kruis moes bly nie, want daardie sabbatdag was 'n groot dag. Daarom het hulle vir Pilatus gevra dat die mense wat gekruisig is, se bene gebreek en die liggame weggevat moes word.
32 Toe het die soldate gekom en die bene van die eerste een gebreek en ook dié van die tweede een wat saam met Jesus gekruisig is.
33 Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, het hulle nie sy bene gebreek nie.