1 Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het só gebeur:
2 Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus en nog twee ander dissipels was daar saam.
3 Simon Petrus sê toe vir hulle: “Ek gaan visvang.”“Ons gaan ook saam met jou,” sê hulle vir hom.Hulle het gegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.
4 Toe dit al lig was, het Jesus daar op die strand gestaan, maar die dissipels het nie geweet dat dit Hy is nie.