29 Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul.
30 Hy moet meer word en ek minder.
31 “Hy wat van bo af kom, is bo almal; hy wat van die aarde is, hoort by die aarde en praat die taal van die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.
32 Wat Hy gesien en gehoor het, dít getuig Hy, en tog aanvaar niemand sy getuienis nie.
33 Wie sy getuienis aanvaar het, het daardeur bevestig dat God geloofwaardig is.
34 God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking.
35 Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.