1 Die Fariseërs het gehoor dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes. —
2 Eintlik was dit nie Jesus wat gedoop het nie, maar sy dissipels. —
3 Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan.
4 Hy moes deur Samaria gaan.
5 Hy kom toe by 'n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.
6 Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag.