3 Toe Jesus dit verneem, het Hy Judea verlaat en weer na Galilea toe gegaan.
4 Hy moes deur Samaria gaan.
5 Hy kom toe by 'n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.
6 Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag.
7 Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.”
8 Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop.
9 Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat 'n Jood is, vir my, 'n Samaritaanse vrou, water om te drink?”Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie.