10 Die Jode sê toe vir die man wat genees is: “Dit is 'n sabbatdag; jy mag nie jou goed dra nie.”
11 Maar hy antwoord hulle: “Die man wat my gesond gemaak het, het vir my gesê: Tel jou goed op en loop.”
12 Hulle vra hom toe: “Wie is die man wat vir jou gesê het: Tel jou goed op en loop?”
13 Die man wat gesond geword het, het egter nie geweet wie dit was nie, want Jesus het ongemerk weggegaan omdat daar 'n klomp mense op die plek was.
14 Later kry Jesus hom in die tempel en sê vir hom: “Kyk, jy is nou gesond. Moet nou nie meer sonde doen nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.”
15 Die man het vir die Jode gaan vertel dat dit Jesus is wat hom gesond gemaak het.
16 Die Jode het toe teen Jesus te velde getrek omdat Hy dit op 'n sabbatdag gedoen het.