31 “As net Ek oor Myself getuig, is my getuienis nie geldig nie.
32 Daar is ook Iemand anders wat oor My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy oor My aflê, waar is.
33 “Julle het 'n afvaardiging na Johannes toe gestuur, en wat hy getuig het, is die waarheid.
34 Nie dat Ek op die getuienis van 'n mens steun nie, maar Ek noem dit sodat julle gered kan word.
35 Hy was die lamp wat gebrand en geskyn het, en julle was gewillig om julle 'n rukkie in sy lig te verheug.
36 “Maar Ek het getuienis wat nog gewigtiger is as dié van Johannes. Die werk wat die Vader My gegee het om te voltooi en waarmee Ek nou juis besig is, lê oor My getuienis af en bevestig dat die Vader My gestuur het.
37 En die Vader wat My gestuur het, het ook oor My getuienis afgelê. Sy stem het julle nog nooit gehoor nie en sy gestalte ook nie gesien nie.