40 Tog wil julle nie na My toe kom sodat julle die lewe kan kry nie.
41 “Ek is nie gesteld op die eer wat mense bewys nie,
42 maar Ek ken julle en Ek weet dat julle nie liefde vir God in julle het nie.
43 Ek het in die Naam van my Vader gekom, en tog aanvaar julle My nie. As iemand anders in sy eie naam kom, sal julle hom aanvaar.
44 Hoe kan julle ook in My glo terwyl julle gesteld is op die eer wat julle van mekaar ontvang en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie?
45 Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal aankla nie; dit is Moses, op wie julle julle hoop gevestig het, wat vir julle aankla.
46 As julle Moses geglo het, sou julle in My geglo het, want hy het van My geskrywe.