51 Kragtige dade het Hy met sy arm verrig:hoogmoediges in hulle eiewaanhet Hy uitmekaargejaag;
52 maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog;
53 behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawesen rykes met leë hande weggestuur.
54 Sy dienaar Israel het Hy te hulp gekomdeur te dink aan sy beloftes van ontferming
55 soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders,aan Abraham en sy nageslagtot in ewigheid.”
56 Maria het omtrent drie maande by Elisabet gebly en daarna teruggegaan huis toe.
57 Toe die tyd gekom het dat Elisabet se kind gebore moes word, het sy 'n seun in die wêreld gebring.