1 Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan.
2 Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.
3 Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.
4 “Moenie 'n beurs of 'n reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie.
5 As julle in 'n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis.’