1 Jesus was êrens op 'n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.”
2 En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê dan:“Vader, laat u Naam geheilig word;laat u koninkryk kom.
3 Gee ons elke dag ons daaglikse brood;
4 en vergeef ons ons sondes,want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree;en laat ons nie in versoeking kom nie.”
5 Verder sê Hy vir hulle: “Sê nou een van julle het 'n vriend, en jy gaan in die middel van die nag na hom toe en jy vra: ‘Vriend, leen my bietjie drie brode,