4 Hy het toe met die priesterhoofde en die offisiere van die tempelwag gaan praat oor hoe hy Jesus in hulle hande kan laat kom.
5 Hulle was bly en het ooreengekom om hom daarvoor te betaal.
6 Hy het ingestem en na 'n geskikte geleentheid gesoek om Jesus te verraai waar die volk nie by is nie.
7 Die dag van die ongesuurde brood, waarop die paaslam geslag moes word, het aangebreek.
8 Jesus stuur toe vir Petrus en Johannes vooruit met die opdrag: “Gaan berei die paasmaaltyd vir ons voor dat ons dit kan eet.”
9 Hulle vra Hom: “Waar wil U hê moet ons dit voorberei?”
10 Toe antwoord Hy hulle: “Kyk, net soos julle die stad ingaan, sal 'n man wat 'n kruik water dra, julle ontmoet. Gaan saam met hom tot in die huis waar hy ingaan,