52 Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra.
53 Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne toegedraai en in 'n rotsgraf neergelê waarin nog nooit tevore iemand begrawe was nie.
54 Dit was Vrydag, en die sabbat het al begin aanbreek.
55 Die vroue wat saam met Jesus van Galilea af gekom het, het saamgeloop en die graf gesien en gekyk hoe sy liggaam neergelê word.
56 Daarna het hulle huis toe gegaan en reukolie en salf reggemaak.Op die sabbatdag het hulle gerus, soos die gebod bepaal.