9 Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie.”
10 In die huis het die dissipels Hom weer hieroor uitgevra.
11 Hy sê toe vir hulle: “Elkeen wat van sy vrou skei en met 'n ander een trou, pleeg egbreuk teen sy vrou.
12 En as 'n vrou van haar man skei en met 'n ander een trou, pleeg sy egbreuk.”
13 Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak. Sy dissipels het met die mense daaroor geraas.
14 Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.
15 Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.”